1 1 1
1
 
Home
Artist Management and Bookings
Stage Productions
MC's
Speakers
Event Management
Contact Us
Artists
Amanda Strydom
André Schwartz
CH2
Coenie de Villiers
ddisselblom
diesel EN DIE DATS
Eden
Flip a Coin
Hannes van Wyk
Harald en Lieb
Helene Bester
Hendrik Boerr
Izak Davel
Jay
Jolette Odendaal
Karin Hougaard
Lizz Meiring
Rina Hugo
Rocco de Villiers
Sarah Theron
Terblanche Jordaan
 
English I Afrikaans
Hendrik Boerr 1
Besprekingsinligting:

Manlike kunstenaar. Geskik vir verhoog produksies, korporariewe en ander funksies

Inhoud:

Oorspronklike volwasse kontemporere musiek in Afrikaans en Engels

Taal:

Afrikaans en Engels

Tydsduur van Optrede: 60 - 70 min

MEER oor Hendrik...

n Boerr wie se hart op die regte plek is

Boerr het verskeie name; in 7de Laan ken ons hom as Diederik, sy ma noem hom Hennie en as hy sing staan hy bekend as Hendrik Boerr. Hendrik se musiek vermaak gehore reeds lank voor Diederik besluit het om vir Marko in die Laan te gaan kuier.  In 2003 ontvang hy 'n diploma in drama aan die Technikon Pretoria. Hy het begin as vryskutakteur werk en het die pot aan die kook gehou deur sy sangoptredes. Wouter van de Venter ontdek Hendrik op die verhoog van die Thabazimbi Wildsfees en stel voor dat hy ‘n CD opneem.

Sy debuutalbum, Chili Confessions, is in September 2006 by Christa Steyn se StudioOfNote opgeneem met Wouter as produksiebestuurder. Hendrik het almal met sy sielvolle diep stem en eerlike lirieke van hulle voete afgesweep. Wouter het die Afrikagevoel, iets wat Hendrik  na aan die hart lê, in die produksie laat deurskemer. Karen Wessels was verantwoordelik vir die agtergrondlirieke. 

Dié kunstenaar noem dat sing en akteur wees nog altyd deel van sy wese was. Sy tong-in-die-kies-lirieke oor die moderne Afrikaan laat mens wonder, waarom het hy die naam Hendrik Boerr aangeneem?

 “Ek het die naam Hendrik Boerr (die twee r'e gee dit tog so 'n lekker Kaapse brei en eksplosiewe gevoel) gekies omdat my oupa 'n Hendrik was. Hy was ook 'n boer. 'n Boer nie net oor sy witgeit en Afrikaanssprekendheid nie. 'n Boer omdat hy met sy hande in die grond gegrawe het, omdat hy aan die aarde gebind was. As huldeblyk aan hom en ja, omdat die verlede altyd teenwoordig is en ons die lesse wat ons daaruit leer, moet koester. Daarom gebruik ek die naam.”

Iemand wat hom iewers gesien optree het, het hom opgesom as “ 'n boerseun completely gone wrong” – hy lyk nie soos 'n boerseun nie, maar sy hart is reg. Hy wil goeie, oorspronklike AFRIKA-aanse musiek maak.

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
© 2006 All rights reserved. Last updated 07.01.2010 . Enquiries & comments: Webmaster
This site is best viewed in Internet Explorer