MEER oor Jay...
Jay het sy professionele buiging gemaak as kunstenaar as 'n sanger in musiekteater in 1996. Hy het vir hierdie rol 'n FNB VITA AWARD nominasie gekry
Hy het die kommersiële musiekwereld betree deur 'n Crescendo toekenning te wen en 'n album saam met Joe Niemand op te nee. Die album is vir drie toekennings genomineer en het die toekenning as die BESTE AFRIKAANSE POPALBUM in 2001 gewen.
Jay is meer bekend daarvoor om lid te wees van die bekende popgroep, Eden.
Jay het lid geword van die populere popgroep EDEN. EDEN het reeds drie albums opgeneem, waarvan die album EDEN die SAMA toekenning gekry het as BESTE POP ALBUM.
Hy het saam met EDEN die verhoog gedeel met verskeie internasionale kunstenaars soos The Corrs, Bono, Ronan Keating en Westlife. Jay het ook opgetree vir Nelson Mandela op sy 85ste verjaarsdag.
Jay gaan egter vanaf 2008 meer beskikbaar wees om solo-optredes te doen!
|