1 1 1
1
 
Home
Artist Management and Bookings
Stage Productions
MC's
Speakers
Event Management
Contact Us
Artists
Amanda Strydom
André Schwartz
CH2
Coenie de Villiers
ddisselblom
diesel EN DIE DATS
Eden
Flip a Coin
Hannes van Wyk
Harald en Lieb
Helene Bester
Hendrik Boerr
Izak Davel
Jay
Jolette Odendaal
Karin Hougaard
Lizz Meiring
Rina Hugo
Rocco de Villiers
Sarah Theron
Terblanche Jordaan
 
English I Afrikaans
ddisselblom
Besprekingsinligting:

Geskik vir verhoogproduksies, korporatiewe en ander funksies. Johrnè kan ook optree as MC

Inhoud: Oorspronklike volwasse kontemporêre folk-rock musiek
Taal: Afrikaans en Engels
Tydsduur van Optrede: 60 - 70 min

MEER oor ddsselblom...

Lede
Johrnè van Huyssteen - stem en kitaar
Lienka Coetzee - stem en klavier
Jaco Spies - stem en kitaar

ddisselblom vermaak reeds gehore vanaf 2001 met die unieke kombinasie van oorspronklike musiek, Johrne se komedie en Lienka se engelstem. Die groep se musiek word beste beskryf as volwasse kontemporere folk-rock en het aanhangers van alle ouderdomme. Die show en cd's word gekenmerk deur die diverse en unieke skryfstyle en verhoogpersoonlikhede van Johrne van Huyssteen, Lienka en Jaco Spies.

Van die vele hoogtepunte wat die groep oor die afgelope paar jaar beleef het, was gesamentlike projekte met Anton Goosen, Stef Bos en Koos Kombuis. ddisselblom het ook ‘n Kanna Toekenning ontvang vir Skeppende Eietydse Musiek (2002) en spog met drie Geraas Toekennings 2003/4, vir beste video , beste Afrikaanse groep/duo en beste optrede. ddisselblom was ook deel van Huisgenoot se Skouspel 2005 en het die verhoog gedeel met van die land se beste kunsteaars.

Albums:

ddisselblom – ddisselblom
ddisselblom – Goud en Marog
ddisselblom - donker grond
ddisselblom - onskuld

ddisselblom – donker grond

Sewe jaar na ddisselblom se eerste album en drie jaar na die laaste album word donker grond nou bekendgestel. Dit is ddisselblom se derde vollengte cd en in baie opsigte ‘n terugkeer na ddisselblom se ‘musikale wortels'. ‘n Goeie mengsel van liefdesliedjies, komiese lirieke en sosiale kommentaar soos net Johrne, Jaco en Lienka kan optower! Die diversiteit van die album is ‘n getuigskrif van die individuele groei binne die groep.

Kort op die hakke van Johrne (My seun mieliepap) en Lienka (Lienka)se solo projekte kan daar nou uitgesien word na donker grond en die unieke ddisselblom klank. Daar is nuwe materiaal soos Kiepie en Kandas, Vryburger, Verdwyn, Moolah, Jobangensburg en Voorstedelike liefde, maar aanhangers van ddisselblom se live shows kan ook uitsien na Koos Kombuis se Lente in die Boland (met ‘n twist!) en Good news (uit Jaco se pen). Lienka stel ook nie teleur met haar roerende vertolking van Depeche mode se Somebody (verwerking gedoen deur Johan Heystek) nie.

ddisselblom terug in teater

In 2000 het ddisselblom die eerste KKNK aangedurf met hope blikke en 'n singende driemanskap.

Met die ontploffing van die musiekbedryf het hulle bietjie begin verdrink en die teatergroep waarvoor hulle bekend geword het, het verdwyn tussen musiekmalligheid. Die jaar keer hulle terug met net die drie oorspronklike lede.

"Ou skool" ddisselblom-musiek en hulle reis van die afgelope agt jaar. Die "verhaal" beloof om goeie en slegte momente te deel; Johrné het toe nog hare gehad, Lienka was die stem van die admindame en Jaco voor die dae as sepiester. ddisseblom vat jou saam deur hulle pad van onsekerhede, toekennings, koerant-skindernuus, lekker lag en krokkediltrane. Hierdie vertoning is terug wortels toe vir ddisselblom!

ddisselblom – onskuld

Hierdie album sal middel Oktober 2009 beskikbaar wees.

 
Vir meer inligting oor ddisselblom - besoek
www.ddisselblom.com
 
 
 
 
© 2006 All rights reserved. Last updated 07.01.2010 . Enquiries & comments: Webmaster
This site is best viewed in Internet Explorer