1 1 1
1
 
Home
Artist Management and Bookings
Stage Productions
MC's
Speakers
Event Management
Contact Us
Artists
Amanda Strydom
André Schwartz
CH2
Coenie de Villiers
ddisselblom
diesel EN DIE DATS
Eden
Flip a Coin
Hannes van Wyk
Harald en Lieb
Helene Bester
Hendrik Boerr
Izak Davel
Jay
Jolette Odendaal
Karin Hougaard
Lizz Meiring
Rina Hugo
Rocco de Villiers
Sarah Theron
Terblanche Jordaan
 
English I Afrikaans
Eden1
Besprekingsinligting:

Manlike popgroep.  Geskik vir verhoogproduksies, korporatiewe en ander funksies. Hulle kan ook optree as Mc's.

Inhoud: Oorspronklike volwasse kontemporêre musiek in Afrikaans en Engels
Taal: Afrikaans en Engels
Tydsduur van Optrede: 60 - 70 min
MEER oor Eden...

Met die uitreiking van Suid–Afrika se mees populêre pop/rock groep Eden se nuwe album, Knieë Lam , in April 2008 was dit presies wat gebeur het, - lam knieë. Hulle harmoniese melodieë, oorspronklike lirieke, toewyding tot die hoogste kwaliteit van internasionale standaard en besonderse stemme laat hulle uitstaan bo die res.

Knieë lam beloof om in die voetspore te volg van hulle vorige twee uiters suksesvolle albums, “ Point of no return'' en “EDEN'' .  (Hierdie album het in die eerste maand van uitreiking platinum status bereik.)

 “ Point of no return''  het platinum status bereik en het ook ook 3 SAMA nominasies ontvang.

Die drie dinamiese manne se tweede album “ EDEN” het ook gesorg vir verskeie toekennings - dubbel platinum status, 3 SAMA nominasies waarvan een gewen is vir beste Pop Album asook twee  Huisgenoot Tempo toekennings vir beide Gunsteling Popgroep en Gunsteling Pop album. Dié album het ook die Vonk Toekenning vir beste Groep Album en die MK Toekenning vir die sexyste groep vir Eden ingesamel.

Wanneer mens na die omslag van die album kyk, mag mens dink dat EDEN se status as Suid–Afrika se beste pop/rock groep toegeskryf kan word aan voorkoms. Begin jy egter luister na die 14 liedjies op die album ( 9 Afrikaans en 5 Engels)  besef jy dat hulle geseënd is met uitsonderlike talent.

Hulle oorspronklike materiaal kom uit die pen van die talentvolle Johan Vorster en Ewald Coleske.  Johan is bekend vir die treffers wat hy geskryf het soos o.a. “ De la Rey'' , “ Ons vir jou Suid- Afrika'' en dan ook die meer onlangse “ Jy soen my nie meer nie'' wat spesiaal vir Lianie May geskryf het.

Eden skryf hulle sukses toe aan ongelooflike ondersteuning van die publiek en media in Suid- Afrika en dan natuurlik die feit dat hulle saamwerk met die beste in die bedryf, Coleske Artists.

Eden se sensasionele nuwe album, Knieë Lam, is `n moet vir oud en jonk – nou beskikbaar by musiekwinkels landwyd,

Vir meer inligting oor Eden en hulle optredes - besoek
www.eden-band.com

 
 
© 2006 All rights reserved. Last updated 07.01.2010 . Enquiries & comments: Webmaster
This site is best viewed in Internet Explorer