1 1 1
1
 
Home
Artist Management and Bookings
Stage Productions
MC's
Speakers
Event Management
Contact Us
Artists
Amanda Strydom
André Schwartz
CH2
Coenie de Villiers
ddisselblom
Die Dinges is 'n Watsem
diesel EN DIE DATS
Eden
Flip a Coin
Guilluame
Hannes van Wyk
Harald en Lieb
Helene Bester
Hendrik Boerr
Izak Davel
Jay
Jolette Odendaal
Karin Hougaard
Lizz Meiring
NIEMAND
Riaan van Rensburg
Rina Hugo
Rocco de Villiers
Sarah Theron
Terblanche Jordaan
Vinette Ebrahim
Willie Strauss
 
English I Afrikaans
Guillaume
Besprekingsinligting:

Manlike Kunstenaar.  Geskik vir verhoogproduksies, korporatiewe en ander funksies.  Hy kan ook optree as seremoniemeester.

Inhoud: Oorspronklike volwasse kontemporêre musiek
Taal: Afrikaans en Engels
Tydsduur van Optrede: 60 - 70 min

MEER oor Guillame...

Wat meer wil jy hê?

Guillaume het geen bekendstelling nodig nie. Hy sing reeds van kleintyd af, maar het sy bekendheid in 2001 verwerf met sy trefferalbum “Da-Idi”.

Hierdie album het vinnig platinumstatus bereid en dit het hom een van Suid –Afrika se gewildste en besigste kunstenaars gemaak. Hierdie liedjie het hom ook `n nominasie besorg as Liedjie van die jaar deur GMT. Die musiekvideo van “Da-Idi” was in 2002 aangewys as die mees gewildste video op televisie en word nou nog gereeld gebeeldsend.

In 2003 is Guillaume deur RSG aangewys as een van die top 5 kunstenaars by KKNK 2003 en het ook sy CD “Swart Of Wit” daar bekendgestel. Die CD het ook baie goed meegeding in die bedryf met verkope van meer as 25 000 eenhede.

In Julie 2003 was hy uitgenooi om in London te gaan optree en het sy debuut by UKKASIE gaan maak in die buitewêreld. Intussen was daar ook al talle optredes in sy geboorteland Namibië en in Botswana . Guillaume tree gereeld op as gas op verskeie televisieprogramme en het al verskyn op Geraas, Belboks, Morning Live, Dis hoe dit is, DKNT, Kwela, Pasella en Liriekeraai. Talle tydskrifte het ook al vir Guillaume getakel vir onderhoude oor sy sukses en hy het al verskyn in Vrouekeur, Huisgenoot, You, Rooi Rose om maar `n paar te noem.

In Oktober 2005 is Guillaume ook deur die Afrikaanse publiek aangewys as nuwe Afrikaanse Superster en die stylvolste manlike sanger van die jaar. Hy het die Tempo Toekenning daarvoor ontvang wat deur Huisgenoot oorhandig was by Skouspel Plus 2005.

Nou in 2008 is Guillaume terug, groter en beter as ooit met `n nuwe “look” en energie wat jou na jou asem gaan laat snak! Sy nuwe album, Nader aan jou, word vervaardig deur Coleske Artists, wat ook verantwoordelik is vir Eden se jongste sukses met hulle album – Knieë Lam.  Hierdie album is vanaf middel Augustus 2008 beskikbaar.

 "Die “BoemBange Bang Roadshow 2008"

Met splinternuwe treffers soos, “Boem Bange Bang”,”Vat my”, “Nader aan jou” en “Ek Is Jammer”, is die beminde en gewilde Afrikaanse superster Guillaume nou hier!!!!

Die gewilde sanger met platinum albumverkope is terug, groter en beter as ooit – met `n nuwe klank, verhoogproduksie en `n

“moet-kry-album” getiteld “Nader aan jou” propvol dans en luistertreffers wat jou gaan prikkel soos geen van sy vorige werk!

Landswye “live shows” gaan Suid-Afrika aan die praat hou, `n musiekskouspel

met gaskunstenaar, dansers, oudiovisiele insette en die superster Guillaume soos jy hom nog nooit gesien het nie.

Om hierdie optrede te sien is `n moet!!

 
 
 
 
 
 
 
© 2006 All rights reserved. Last updated 01.07.2009 . Enquiries & comments: Webmaster
This site is best viewed in Internet Explorer