'n Spreker met 'n verskil …
Terblanche Jordaan het geen bekendstelling nodig nie.
As stigter van die Kruiskerk in Kaapstad asook Pretoria het hy baie aandag getrek met sy onortodokse manier van preek en uitreik na die gemeenskap. Hy het ook vir jare verskeie rubrieke al hanteer, in Volksblad, Die Burger en vir SARIE ... asook verskeie binnehuise publikasies vir onder andere OLD MUTUAL.
Deur sy ondervinding en interaksie met mense het hy 'n hele paar kursusse, lesings en praatjies ontwikkel wat hy gereeld doen by groot instellings, kerkgroepe, damesoggende, skolegroepe om maar 'n paar te noem.
Van die temas wat hy al ontwikkel het, en wat hy kan aanpas na gelang van behoefte is:
- Process Management
- Sufficiency, Simplicity & Spirituality
- Konflikhantering en Spanning in die werksplek
- Sukses: Strategiese Kommunikasie Modelle
- Berading, begeleiding en bestuur van krisisberaad (dood, egskeiding, werkverlies, siekte en verslawing)
- Vergiffenis en Verandering ('n psigologiese verstaan van wat gebeur in die proses van vergiffenis)
- Skade sonder Grensdrade — 'n vraag na identiteit
- Die verstaan en hantering van DOOD
- Post-Kerk Spiritualiteit (baie kontroversieel en eerlik)
- 'n Curriculum van Waardes
- Sewe argetipes van Verhoudinge
- Kultuur: die kuns van keuses
- What makes a good WORKER BEE ...?
- FEAR & PRESSURE: understanding human consciousness
- CULTURE DIFFERENCES and the call for understanding, dignity and respect
- Being SUCCESSFUL – what makes you successful ...?
- THE ART OF PUBLIC SPEAKING
Spirituele Temas
- Geskiedenis van die Bybel — van Abraham tot Konstantyn
- Gelowe van die Wêreld” kyk na die 10 belangrikste gelowe in ons hedendaagse tyd — wat hulle glo, waar hulle ooreenstem, wat hulle lees en wat die verskille is tussen elkeen.
- Heal your Soul and take Care of your Mind — HEAL = (heaven, educate, attention, love) en CARE (choice, appreciation, remembering, exercise)
- Gebed ... van lysies na intensies
- Van tien PLAE na tien VRAE
Terblanche is ook beskikbaar vir Een-tot-Een gesprekke

Baie van ons voel die sosiaal-ekonomiese druk van ons tyd aan
met 'n warboel gedagtes hoe om sin te maak in die wêreld waarin ons leef of vir perspektief op ons eie konteks.
Terblanche het 'n Konsultasie Spreekkamer geopen vir Een-tot-Een gesprekke rakende ons verhouding tot onsself; ons verhouding tot ons ewemens; insluitende die manifestering van liefde teenoor 'n ‘spesiale' ander en ons verhouding tot die Goddelike.
As jy 'n behoefte het aan 'n gesprek met iemand wat wyd belese en berese is met 'n knapsak vol lewenservaring van ekstase en seer sonder om geoordeel te word vir wie en wat jy is, kan jy 'n afspraak maak vir 'n begeleiding in jou eie vrae en soeke na verstaan.
|