| MEER oor diesel EN DIE DATS...
|
|
|
Eugene Vos wat bekend is as Marula Boom in die komedie sanggroep DJ Ossewa, het met ‘n splinternuwe, vars en opwindende Afrikaanse komedie- en musiek groep vorendag gekom.
Hy noem dit DIESEL EN DIE DATS !
Hierdie nuwe ‘beweging' staan gereed om die hele gesin te vermaak en bestaan uit ses interessante karakters wat elkeen deur Eugene ‘gespeel' word. Elke karakter bring sy eie musiek en komediestyl na die vertoning en sorg so dat daar ietsie vir elkeen in die gehoor is.
Die storie speel af in die agtergrond van die Klap Kloppers motor werkswinkel wat geleë is in ‘n klein dorpie hoog op in die Noordelike Provinsie.
|
KRAG DIPPENAAR
|
|
|
Krag Dippenaar is die eienaar van die werkswinkel maar verbeel hom dat hy die hele dorp besit.
|
DIESEL
|
|
|
Diesel is die bestuurder en glo vas hy is die normaalste een daar.
|
SPANNER
|
|
|
Spanner Coetzee is die hoof ‘mechanic', het ‘n humeur probleem en werk aan ou Ford motorkarre in sy agterplaas.
|
VAALJAPIE
|
|
|
VaalJapie kom help uit na skool om sakgeld te verdien. Met sy besige, en van natuur stoute geaardheid, doen hy wel meer kwaad as goed.
|
DR BAKSTEEN VAN DER MERWE
|
|
|
Dr. Baksteen van der Merwe is die gesondheidsinspekteer asook die dorpie se dokter en veearts.
|
MARULA BOOM
|
|
|
Marula Boom smous groente en plaas produkte aan almal in die kontrei. Ja, hy het varke ook op die plaas en hy doen die ‘boererave'!
|
Ontmoet ook vir die ontvangsdame, Bettie! En die prettige Frikkie...
|
Hierdie is ‘n lekker ‘mal' los jou ernstige gesig by die huis komedie met ‘n wip-in-jou-stap-klank wat vrolik toegedraai is in ‘n energie belaaide vertoning.
So borsel jou tande, soek jou ‘party' skoene en skuif jou stoel nader want DIESEL EN DIE DATS is oppad!
|
| KYK NOU NA MARULA BOOM SE RAVE OP www.facebook.com Search Marula Boom en jy sien alles wat jy moet weet van hierdie wonderlike karakter!
|