1 1 1
1
 
Home
Artist Management and Bookings
Stage Productions
MC's
Speakers
Event Management
Contact Us
Productions
Die Dinges is 'n Watsem
Lizz Meiring
Vinette Ebrahim
Willie Strauss
 
English I Afrikaans
Willie Strauss
MEER oor Willie
“DAAI ENE MET DIE VLERKE“

Na die landswye weghol sukses van DIE DUIWEL DRA CROCS (wat onder andere aangewys is as een van die gewildste produksies van KKNK 2008): is akteur en kabaretier Willie Strauss terug met ‘n nuwe stuk .

DAAI ENE MET DIE VLERKE uit Willie se pen, is die storie van die engele. In hierdie kabaret word die fyn en astrante feite en fantasië oor hierdie wonderwesens gevier. Daar is die ongewone engele, die moderne engele, die gespesialiseerde engele en die mense wat by die engele gaan hulp vra.

DAAI ENE MET DIE VLERKE is magies en vermaaklik – vol humor, patos en hoop.

Met sketse en spesiaal vir Willie geskepte splinternuwe musiek deur bekende liedjieskrywers soos onder andere Karen Wessels en Karen Hougaard, word die gehoor ingelig oor hoe ons almal, elke oomblik die beskerming van heiliges om ons beleef. Willie vertel dat sy ekstensiewe navorsing en vrae vra weereens bewys dat hierdie hemelse wesens onlosmaaklik deel van ons aardse bestaan is.

Musiekregie is deur die alombekende Christa Steyn, en spelregie deur bekroonde regisseur Johan van Rooyen.

DIE DUIWEL DRA CROCS
– ‘N KABASERT ­–
(‘n VERMENIGING VAN KABARET EN KONSERT )

Boetietjie het eendag langs die grootpad opgedaag. Op ‘n manier wat niemand anders nog ooit sy eerste lewenslig aanskou het nie. En nou is hy weer terug waar hy begin het. Met'n nuwe droom propvol bokse, voete en oë......

Sanger, kabaretkunstenaar, akteur en kunstejoernalis Willie Strauss, is terug met ‘n splinternuwe produksie - “DIE DUIWEL DRA CROCS “.

Die Crocs deel verwys natuurlik na die hoogmode, helderkleurige gemakskoene wat nou deur een en almal gedra word. In dié unieke teatergebeurtenis, word toneel en musiek uit Willie se vier suksesvolle cd's vermeng tot ‘n solostuk propvol humor, fynspot, patos en verhaal verrassings. DIE DUIWEL DRA CROCS, vertel die hartwarm storie van hoe ons almal een of ander tyd met die verlede gekonfronteer word.

In DIE DUIWEL DRA CROCS, vat Boetietjie se lewenspad, wat op ‘n ongewone manier begin het, hom terug na waar hy werklik hoort... In sy nuwe avontuur, propvol Crocs skoene, en Specsavers brille beleef hy weer die unieke humor, aardse wysheid, intelligensie, fyn nuanses en baldadige eksentrisiteit van ‘n kleiner gemeenskap, waar vooruitgang en verandering nie sonder eg menslike nukke en halstarrigheid gebeur nie !

DIE DUIWEL DRA CROCS is vars, uniek, oorspronklik, vermaaklik en slimskerp. Die teks is geskryf deur bekende aktrise Lizz Meiring, met regie deur Johan van Rooyen. Die musikale regisseur is Benjamin Botha.

Die produksie is moontlik gemaak deur die borge Crocs en Spec Savers – Pretoria Noord.

 
 
 
 
 
 
 
 
© 2006 All rights reserved. Last updated 07.01.2010 . Enquiries & comments: Webmaster
This site is best viewed in Internet Explorer