1 1 1
1
 
Home
Artist Management and Bookings
Stage Productions
MC's
Speakers
Event Management
Contact Us
Artists
Amanda Strydom
André Schwartz
CH2
Coenie de Villiers
ddisselblom
diesel EN DIE DATS
Eden
Flip a Coin
Hannes van Wyk
Harald en Lieb
Helene Bester
Hendrik Boerr
Izak Davel
Jay
Jolette Odendaal
Karin Hougaard
Lizz Meiring
Rina Hugo
Rocco de Villiers
Sarah Theron
Terblanche Jordaan
 
English I Afrikaans
Harald Richter en Lieb Bester

“Ou Kraalliedjies”

Harald Richter en Lieb Bester, wat pa Fritz en sy seun, Charl in die gewilde KykNet-sepie, Villa Rosa speel, het musikale kragte saamgespan met die opname van “Ou Kraalliedjies”.

Tog nie nóg akteurs wat wil musiek maak nie!

Maar wag:nie een van hulle is groentjies as dit musiekmaak kom nie. Lieb speel reeds jare lank klavier, akkordion, konsertina en kitaar, en is deel van ‘n suksesvolle orkes. Hy het reeds ‘n paar Boeremusiek CD's agter sy naam.

Harald het sy loopbaan begin as operasanger, na 4 jaar se studie by die Technikon Pretoria operaskool. Sy debuut in die opera, Martha, by die Roodepoort Stadsteater was reeds op 21-jarige ouderdom, waarna hy met ikone soos Marita Napier, Sibongile Khumalo en Elaine Paige gewerk het.

“Ou Kraalliedjies” is ‘n vernuwing van liedjies gesing deur Charles Jacobie, met vars verwerkings van dié nostalgiese, amper vergete melodieë – musiek wat die ouer garde die diepste heimweë gee en die jonges laat saamdans!

Bekende titels sluit “Boereseun”, Liefling van die Vrystaat”, Huisie in die Berge” en “Boereplaas” in. Hier is ‘n CD wat die volk verseker weer laat skoffel!

Vergeet van die “African” Renaissance – hier kom die Afrikaanse Renaissance!!!

 
 
 
 
© 2006 All rights reserved. Last updated 07.01.2010 . Enquiries & comments: Webmaster
This site is best viewed in Internet Explorer
07.01.2010