1 1 1
1
 
Home
Artist Management and Bookings
Stage Productions
MC's
Speakers
Event Management
Contact Us
Artists
Amanda Strydom
André Schwartz
CH2
Coenie de Villiers
ddisselblom
diesel EN DIE DATS
Eden
Flip a Coin
Hannes van Wyk
Harald en Lieb
Helene Bester
Hendrik Boerr
Izak Davel
Jay
Jolette Odendaal
Karin Hougaard
Lizz Meiring
Rina Hugo
Rocco de Villiers
Sarah Theron
Terblanche Jordaan
 
English I Afrikaans
André Schwartz
Besprekingsinligting:

Manlike kunstenaar. Geskik vir verhoogproduksies, korporatiewe en ander funksies, MC

Inhoud: Oorspronklike volwasse kontemporêre musiek in Afrikaans en Engels
Taal: Afrikaans en Engels
Tydsduur van Optrede: 60 - 70 min

MEER oor André...

Wat meer wil jy hê?

NADAT die musiekblyspel The Phantom of the Opera die land getref het, kyk mense skielik met ander oë na André Schwartz. Hy is skielik véél meer as net die sanger wat liedjies soos Lief vir alles hier en Ek wil jou nooit weer sien nie , bekend gemaak het.

Boonop is André onlangs aangewys as die wenner van die Naledi- én Fleur du Cap-toekennings vir sy titelrol in dié musiekblyspel.

Daar het self ‘n paar stories begin rondloop dat André as een van die beste Phantoms in die wêreld beskou word deur die vervaardigers van die gewilde musiekblyspel, en dis baie maklik om te glo. André het al deur en deur sy staal gewys as een van ons land se mees diverse en briljante sterre. Hy het sy TV-debuut gemaak toe hy maar skaars 14 was en tot op datum het hy al meer as 10 albums vrygestel. Watter ander Suid-Afrikaanse kunstenaar kan ook sê dat hulle dan boonop in musiekblyspele soos Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance en Joseph and his Amazing Technicolour Dreamcoat betrokke was. Sy nuutste CD ‘The Musicals” word beskryf as een van sy beste nog ooit en bevat tydlose snitte soos Circle of Life , Music of the night , On the street where you , Love changes everything en Send in the clowns . Voorwaar een vir die versameling.

Wanneer André nie besig is om die volk te vermaak nie, is hy betrokke by liefdadigheidsprojekte soos organisasies wat MIV bekamp. Hy werk ook as bemarker by sy eie bemarkingsmaatskappy André Schwartz Marketing.

Ná die welslae van Phantom of the Opera en The Musicals bied die bekroonde sanger André Schwartz nóg ‘n album wat gestempel is met sy vokale sjarme. Dié gehalte-album versamel innige liefdesliedjies wat die tydtoets deurstaan het, en word skitterend vertolk deur een van die land se beste ligte tenore.

André, wat eweneens reuse-welslae met sneltempo-musiek verwerf het, bied hier ‘n toonkas van tydlose, wydtreffende musiek. Met gebalanseerde, kommersiële sprinkel behou hy sy vokale integriteit: stylvol en meevoerend – met ‘n kragtoer op die snit Remember me. Tussen die romantiese juwele is gunstelinge soos Because it's love, Come what may, It must have been love, Sacrifice en Yesterday . Hy verleen eiesoortigheid aan sy gevoelvolle vertolkings van Once in every life, Let the river run, Spanish eyes, Remember me en daardie ritmiese klubvreugde Can't take my eyes off you.

In Afrikaans imponeer die klassieke gevoel van die snit Dis jy , die briljante interpretasie van Liefling (in smeul duet met Sarah Theron), die Afrikaanse huldeblyk Diana , ter ere aan dié prinses se huldigingsjaar en, veral, die goedvoel-nuutskepping Jy's altyd daar – oorspronklike werk deur Marc Brendon, Don Kelly én André.

Vier regisseurs – Harold Schenk, Christie Schutte, Robin Kielly en Didi Kriel – het die luisterryke verwerkings en produksie behartig. Die orkestrasie – met strykers, klawers, kitare en tromme – komplementeer André se vokale fluweel.

André Schwartz se album Love Songs is ‘n tintelende tentoonstelling van emosie en nostalgie en het einde van 2007 verskyn.



     




Vir meer inligting oor Andre en sy optredes gaan na

www.andreschwartz.co.za

 
 
© 2006 All rights reserved. Last updated 07.01.2010 . Enquiries & comments: Webmaster
This site is best viewed in Internet Explorer