Die bobaas storieverteller, skrywer, akademikus en volks legende Jan Spies se sappige, ongewone en slimsnaakse stories kry nou nuwe dimensie op die verhoog.
Die Dinges is ‘n Watsem is die eerste in ‘n reeks van vier produksies waarin wyle Spies se geliefde verhale vertel word in klank en kleur en natuurlik met ‘n heerlike vermaaklike geur.
Bekroonde skrywer, akteur en ontwerper Johan Engelbrecht het getrou aan Spies se uitsonderlike manier van ‘n ding stel , hierdie verhale verwerk tot ‘n vertel-met ‘n kinkel verhoogstuk.
Die Dinges is ‘n Watsem vier die wonderlike halstarrigheid, planmakery en natuurlik die rariteite van ons unieke kultuur.
In hierdie eerste produksie, word agt van die lekkerste stories uitgebeeld.
Bekende akteurs, Johan Engelbrecht, Deon Coetzee en Lizz Meiring bring die fyn humor en aardse wyshede planke toe.
Die Dinges is ‘n Watsem is geskik vir alle gehore, want oud en jonk word betower deur die sjarme en snaaksighede en slimmighede van wyle Jan Spies.