‘n ritmiese storm, vol energie, diepte en nostalgie…
Izak is ongetwyfeld een van die gewildste jong mans in die industrie wat eers bekendheid verwerf het as die karakter “Scab” in die sepie Egoli.
Met sy eerste album, Ken jy my?, het Izak homself gevestig as een van ons land se gewildste kunstenaars.
Verlore Harte se titelsnit - Verlore Harte, asook die liedjies Genade en Verlei my, is geskryf deur een van ons land se beste liedjieskrywers, Rudi Claase.
Izak is nie 'n onbekende op die verhoog nie, hy het al rolle vertolk in Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, The Sleeping Beauty, Pippen, The Queen Show en Life @ Centre Stage. Hy maak sy rolprentdebuut as ‘n headbanger in die BBC-Fliek Uncle Max.
Verlore harte sal vanaf middel Junie 2009 landswyd beskikbaar wees.
Vir meer inligting oor Izak en sy optredes – besoek www.izakdavel.co.za |