"Melodic Afrikaans-Rock, 'n mix van Progressive, Indie, Classical, Blues, Punk en Melodic Rock. Afrikaans-rock soos jy dit nog nooit beleef het nie." mk
Krimineel is n oorspronklike Afrikaanse-rock band met n passie vir musiek en hul taal. Met hul diverse musiekagtergrond bring elke lid van Krimineel hul eie, unieke styl na vore om saam 'n nuwe klank in die Afrikaanse musiekbedryf te skep in 'n genre van hulle eie.
Hulle eerste video, Duplikaat , was gereeld op MK te sien en hulle was ook al gaste op MK Studio1 Live.
Krimineel se lied, Passiemoord was vir 3 weke top 5 op die ATKV Afrikaanse Rock Chart net na die vrystelling daarvan. Hulle neem tans aan hulle nuwe album, wat geproduseer word deur Stealing 3rd Productions, op by Lightstain Studios waar name soos Straatligkinders, èF-èL, Winterstasie en Flip-a-Coin opgeneem het.
Krimineel het al die verhoog gedeel met name soos The Parlotones, Zebra & Giraffe, Straatligkinders, Goldfish, Prime Circle, Watershed, Glaskas, Ray Dylon en Pretty Blue Guns.
Hulle tree op by kunstefeeste in SA, insluitende Aardklop, Oppikoppi Kick-off, waar hulle langs name soos Foto Na Dans, Fokofpolisiekar, aKing, New Holland, Ashtray Electric, Heuwels Fantasties, Klopjag, Van Coke Kartel en Karen Zoid staan.
Krimineel is op die line-up vir PUK JOOL 2010.
LEDE
Irinka Aspeling (Vocals, Rhythm & Bass)
Irinka is in 1987 gebore en speel al van 2001 af kitaar. Daar is talle invloede op haar musiekstyl, veral van ander plaaslike rock bands. Sy glo dat daar inspirasie lê in die boodskap wat Krimineel se musiek aan ander oordra. Irinka het in 2006 saam met Christiaan Krimineel begin.
Christiaan Steyn (Electric Violin & Piano)
Christiaan is in 1986 gebore en speel viool en klavier van 1992 af. Hy het elektriese viool in 2001 begin speel. Sy oorspronklike klassieke musiek opleiding (Unisa) en sy liefde vir rock het 'n unieke invloed na sy musiekstyl gebring. Christiaan het Krimineel in 2006 saam met Irinka begin.
Fanus van Wyk (Lead & Bass)
Fanus is gebore in 1983 en speel al kitaar van 2004 af. Hy het vir een ander band gespeel voordat hy by Krimineel in 2008 aangesluit het.
Ruan du Preez (Lead & Bass)
Ruan is in 1988 gebore en speel oorspronklik lead kitaar. Hy het bass in 2008 begin speel en het by Krimineel in dieselfde jaar aangesluit.
Tim Kirsten (Drums)
Tim is gebore in 1988 en het dromme in 2004 begin speel. Hy swot tans dromme en het in 2 ander bands gespeel voordat hy in 2008 by Krimineel aangesluit het.
LINKS EN KONTAKTE
W ebsite: www.krimineel.co.za
Facebook: www.facebook.com/krimineel
MySpace: www.myspace.com/krimineel
|